Wednesday, April 20, 2016

wee die dag
wanneer die liefde se oog
skielik sien
in plaas van kyk
wanneer sagte kleure
helder verblind
die heuningdrup
taai kleef aan tong
en onverwagse gifwoorde spoeg
wee die dag
wanneer die onskuldige huppel
langsaam trap
swaarvoetig sleep na more
en gister nie kan vergeet
wee die dag
wanneer die liefde
so vassteek

No comments:

Post a Comment